Print

Ons wilde vye as bonsai - deel I

deur ISABEL HOFMEY

Daar is tussen 800 en 1 000 vy-soorte wat in tropiese en subtropiese gebiede in albei hemisfere voorkom en dit is dan ook een van die grootste families van houtagtige plante. Hiervan kom 26 - 30 spesies in Suidelike Afrika voor. Onder die groot groep is daar etlike bekendes bv. Ficus carica, die eetbare vy, terwyl Ficus elastica, die rubberboom uit Indie Ficus religiosa, die sg. Peepul en Ficus retusa, die Java-vy, dikwels as sierbome aangeplant word. Ook sommige inheemse vy-soorte soos Ficus natalensis, die Natalvy en Ficus sur die besemtrosvy, word vir hierdie doel gebruik.

Hoewel vye bome se hout min beteken is hul vrugte gesog by ape, bobbejane, bossvarke, nyala, bosbokke, duikers, vrugtevlermuise en natuurlik by voels. Veral die pappegaaiduif is versot op wilde vye en swerms van hulle trek van boom tot boom soos die een boom se vye na die ander ryp word. Die vrug van die vyeboom is nie 'n vrug in die ware sin van die woord nie. In werklikheid is dit 'n blombodem wat ontwikkel het in 'n hol bekervorm, bekend as 'n sikoon. Op die binnewand hiervan kom die twee soorte vroulike blommetjies nl. sommige met 'n kort styl wat onvrugbaar is en ander met 'n lang styl, sowel as die manlike blommetjies voor. Die opening van die sikoon nl. die ostiool word beskerm deur etlike lae oorvleuelende skubbe. Wanneer die vroulike blomme ontvanklik word - dit gebeur vroeer as die manlike blomme - dan gee die sikoon gasse af wat wespe van 'n spesifieke soor vir elke vyesoort aantrek. Die skubbe laat skiet effens sodat daar nou splente tussen hulle vorm en die vroulike wesp wikkel haarself daardeur tot binne-in die holte. Sy le dan eiers in die blomme met kort style maar omdat hulle nie van bo af onderskei kan word nie, bevrug sy al die blomme deur stuifmeel, wat sy van 'n ander vy versamel en in 'n sakkie op haar borskas gebere het, doelbewus met haar pote op die stempels te vryf. Op hierdie manier verseker die wesp die voortplanting van die vy en dus ook die oorlewing van haar eie spesie.

Die feit dat die wespe so spesifiek is omtrent die vyesoort waarmee hulle assosieer, het gelei tot 'n herklassifikasie van die vye. So bv. is bevind dat Ficus capensis deur dieselfde wesp bevrug word as Ficus sur van meer noordelike dele van Afrika en is die ouer benaming nl. Ficus sur behou. Op dieselfde wyse is getoon dat Ficus petersii en Ficus burkei indenties is met en dus die ouer naam Ficus thonningii kry.

ficusVyebome kan nie in die skaduwee van ander bome groei nie en dit kan tot 'n mate hulle besondere groeiwyse verklaar. Die saad van vye word hoofsaaklik deur voels versprei - sommige vye ontkiem dan in rotsagtige plekke en hulle wortels maak gebruik van die geringste barsies in rotse. Dit kan tot gevolg he dat rotse later afsplits wanneer die boommassa te groot word. Weens die feit dat hierdie vye met 'n groot deel van hul stam en wortelstelsel teen die rotswand groei, benut hulle snags die warmteenergie vanaf die sonverhitte rotse en dit mag die verklaring wees vir die buitengewone lewenskragtigheid van hierdie bome. Voorbeelde hiervan is Ficus abutilifolia (die grootblaarrotsvy) Ficus tettensis (kleinblaarrotsvy) en Ficus glumosa (bergrotsvy).

Contact Us

We would be happy to hear from you should you like to find out more about the club, meetings or bonsai in general.

Send us a mail

Year Programme

We have an exciting calendar of club meetings, events and public exhibitions planned for 2017/8.

Learn more

Haiku

If you were silent

Flight of herons on dark sky ...

Oh! Autumn snowflakes! ~ Sokan

Random Bonsai Tip

Tying roots - Rubber rings (approx one centimeter thick) cut from a motor car tube, have many uses. For example use to tie roots in a Root over rock planting - they also make good garters!